Iran-konflik: Die feite, gevare en vooruitsigte

Die jongste konflik tussen Iran, Israel en die VSA laat kommer wêreldwyd toeneem en plaas Midde-Oosterse onstabiliteit opnuut in die kollig. Maar wat presies het gebeur, en waarom juis nou? Is hierdie bloot ’n beperkte streekskonflik, of kan dit geopolities uitkring na ’n groter herskikking met verreikende gevolge?

Monica Mynhardt, Maroela Media se meningsredakteur gesels met Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, Roland Henwood, politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria en Ilse Strauss, direkteur van internasionale ontwikkeling by Bridges for Peace, oor die aanloop van die krisis, moontlike vooruitsigte en risiko’s van verdere eskalasie. Die paneel kyk ook na wat dit ekonomies, diplomaties en strategies vir Suid-Afrika kan inhou, en of daar wesenlike rede tot kommer is oor breër betrokkenheid.