
By Down with Dough, ’n bakkery in Bellville, leer mense met downsindroom nie net om lekkernye te maak nie – hulle ontwikkel ook vaardighede, verdien hul eie geld en kry die kans om hul plek in die arbeidsmark vol te staan.
Maroela Media het dié unieke bakkery vir Nasionale Downsindroom-bewustheidsmaand besoek.

