
Die 24-jarige Mikhail Edwards het verlede jaar ʼn tweejaarmeestersprogram in Inligtingstegnologie in slegs tien maande aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Vandag is hy saam met sy broer aan die stuur van die sagteware-ontwikkelingsmaatskappy Cirrus Bridge en is terselfdertyd besig om sy PhD in Inligtingstelsels te voltooi. Hy gesels met Maroela Media oor die toepassing van kunsmatige intelligensie (KI) en IT-stelsels in besighede en hoe KI moderne studierigtings en beroepe moontlik gaan beïnvloed.

