
Net nog enetjie | Weg met wittes | Ep. 92
In dié episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Tania Heyns en Nico Strydom oor Amazon se vereistes rondom swart eienaarskap en die maatskappy se verduideliking dat sy beleid eintlik inklusief is – ons verstaan die woorde net verkeerd. Hulle vra ook waarom dit belangrik is om teen onredelike vereistes en norme terug te druk, eerder as om bloot te aanvaar dat “dit nou maar die wet is”.
00:00 Welkom terug
02:27 Nét vir swart eienaarskap
08:00 Hoekom ’n mens moet terugdruk
12:01 Agoa is verleng, maar…
22:07 Ekonomie krimp weer
#MaroelaMedia #NNE #Netnogenetjie

