Wanneer die politieke toesprake, debatte en formele prosedures verby is, is dit dikwels die kleiner menslike oomblikke wat bly voortleef: die vreemde voorvalle, onverwagte ontmoetings en herinneringe wat jare later steeds onthou word. In die laaste video deel Pieter Mulder ʼn paar staaltjies wat hom uit sy jare in die parlement bybly.