Tiggo 9 PHEV tem wind en weer

Op die tweede dag van ons reis saam met Chery in sy nuwe energie-voertuie, ry ons met die reeksleidende Tiggo 9 PHEV, vanaf Colesberg na Port Alfred. Ons ry deur ‘n reënerige Noord-Kaap tot in die pragtige sonskyn van die Oos-Kaap tot by die kus. Maar hoe vaar die Tiggo 9 met sy inprop- hibridiese aandrywingstelsel in minder as ideale reistoestande?