Varsitybeker maak rugbytoekoms blink

Francois Pienaar het ’n noue verbintenis met die Varsitybeker en die voormalige Springbok-kaptein meen dat dié gewilde studentereeks ’n deurslaggewende rol in Suid-Afrika se rugbysukses speel.