
Afrikaanse Musiek 2.0: Alternatief, Onafhanklik en Onstuitbaar – episode 8
In hierdie episode van Kultuurkliek delf ons in die nuwe era van Afrikaanse musiek. Ons gesels oor alternatiewe klanke, onafhanklike musikante en hoe kunstenaars genres herdefinieer.
Van indie en rock tot elektronies en folk – daar ís vandag iets vir elke luisteraar. Ons kyk na hoe platforms soos TikTok en Instagram die speelveld verander het, hoe kunstenaars hul eie potjies krap sonder groot platekontrakte, en hoekom die “Afrikaanse musiekboks” nie meer bestaan nie.
Is ons besig om ’n kreatiewe renaissance te beleef?
Hoekom voel dit asof Afrikaanse musiek meer eg en rou is as ooit tevore?
#MaroelaMedia #musiek #Afrikaans

