Elvis Blue laat speke sing vir skoolgeld

Die sanger en sakeman Elvis Blue het Saterdagoggend in samewerking met die Atterbury Trust sy tweede “Elvis ry vir skoolgeld”-liefdadigheidsprojek in Stellenbosch in die Wes-Kaap afgeskop.

Verlede jaar is meer as R800 000 deur dié reusetog vir behoeftige kinders ingesamel en vanjaar hoop die sanger om die R1 miljoen-kerf oor te steek.

Hou sy reis op sosiale media en Maroela Media dop.