Wêreldwys | Trump, Poetin en Xi ontmoet | Maroela Media

Wêreldwys | Trump, Poetin en Jinping ontmoet | Ep. 110

’n Historiese ontmoeting tussen Donald Trump, Wladimir Poetin en Xi Jinping in China vandeesweek plaas die kollig op ’n wêreldorde wat toenemend aan die verander is. Die leiers van drie van die magtigste lande ter wêreld tans, kom byeen op ’n tydstip waarin historiese internasionale magsverhoudinge en strukture onder groot druk verkeer.
In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans die betekenis van dié ontmoeting en die moontlike gevolge daarvan vir die toekoms van internasionale betrekkinge.

00:00 Historiese ontmoeting in China
19:31 Nuutste in die Midde-Ooste
28:47 Israel besig met koalisieonderhandelinge

#MaroelaMedia #Wêreldwys #JacoKleynhans