Só lees, luister, kyk en koop jy op Maroela

Die Maroela-webwerf spog met ‘n splinternuwe uitleg om seker te maak jy kan sommer vinnig die inligting kry waarna jy op soek is. Hier is twee goed wat jy moet weet:
* Die webwerf het nou bo-aan maklike “lees, luister, kyk en koop”-afdelings. As jy net berigte wil lees, kan jy bloot net op “lees” klik. Al die portale verskyn dan onder mekaar en jy kan links en regs deur die verskillende artikels blaai.
* Indien jy na spesifieke nuus op soek is (byvoorbeeld geldsake, vermaak, sportnuus, ensovoorts), kan jy bloot op die kieslys links bo klik en die portaal kies wat jy graag wil lees.
Kontak ons gerus per e-pos by maroela@maroelamedia.co.za indien jy enige navrae het – ons help graag!