
Maroela Media se sagtenuusverslaggewer, Leonie-Mari Bezuidenhout, vertel al meer as ‘n dekade lank die stories agter die mense wat die nuus maak. Susan Lombaard, Maroela se uitvoerende hoof, het onlangs by haar gaan inloer vir ‘n lekker geselsie oor haar passie vir menslike verhale, vermaak en die één Zoom-onderhoud wat sy nooit sal vergeet nie.

