Net nog enetjie | ANC hou mej. Munisipaliteit | Maroela Media

Net nog enetjie | ANC hou mej. Munisipaliteit | Ep. 90

Met die munisipale verkiesing minder as drie maande weg, het die ANC uiteindelik ook hulle manifes en “kandidate” vir burgermeestersposte bekendgestel. Met al hulle varkies wat egter nog nie mooi op hok is nie, het hulle vanjaar besluit om ʼn mej. Munisipaliteit te hou en die finaliste, eerder as kandidate, vir al die metro’s aangewys.

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Nico Strydom en Tania Heyns oor hierdie en ander politieke verwikkelinge.

Hoofstukke
00:00 Welkom terug
02:13 ANC se mej. Munisipaliteit
10:29 Van groen na blou
18:17 Koalisies kraai koning

#NNE #Netnogenetjie #MaroelaMedia