Landbouleiers, beleidmakers en sakelui van reg oor die land was by die Agbiz-kongres in Gqeberha om te besin oor die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou. Onder die tema “Embracing Collaboration” het gesprekke gewentel om samewerking tussen die private sektor en regering, infrastruktuur, biosekerheid, handel en die rol van landbou in ekonomiese groei en werkskepping. Volgens Agbiz bly sterker vennootskappe noodsaaklik om die sektor se mededingendheid en volhoubaarheid te verseker.