Hill-Lewis weer DA se keuse vir Kaapstad

Geordin Hill-Lewis is Saterdagoggend in Hanover Park, Kaapstad, as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Moederstad aangekondig.

ʼn Eie metropolisie-speureenheid vir Kaapstad en die laagste eiendomsbelasting van al Suid-Afrika se stede is enkele van Hill-Lewis se planne vir dié stad, sou die DA ná November aan bewind bly en hy tot burgemeester herverkies word.