VF Plus se eerste verkiesingsbord op

“Dit is ons tyd,” sê die VF Plus in aanloop tot vanjaar se plaaslike verkiesing.

Wie is ons? Die VF Plus en enige ander Suid-Afrikaner wat moeg is vir meer as 30 jaar van korrupsie, wanbestuur en swak dienslewering, het dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus, Donderdag met die bekendstelling van sy party se registrasieveldtog vir die plaaslike verkiesing op 4 November, gesê.