SANParke se goeie afvalwaterbestuur

SANParke het onlangs die tweede plek in die departement van water en sanitasie se Groen Druppel-program verower – ʼn belangrike erkenning vir goeie afvalwaterbestuur in Suid-Afrika.

Die program meet hoe doeltreffend instellings hul water- en rioolstelsels bestuur om die omgewing en openbare gesondheid te beskerm.

Volgens die jongste verslag het SANParke verbetering getoon in sy Groen Druppel-telling en word sy stelsels as lae risiko geklassifiseer.