Die minister van bosbou, visserye en die omgewing het opdrag gegee dat Suid-Afrika se oorwinterspan dringend van Marion-eiland onttrek word nadat vertragings met die verkryging van spesiale pooldiesel ontstaan het. Die SA Agulhas II is reeds op pad eiland toe en behoort die span teen einde Mei terug in Suid-Afrika te hê, mits weerstoestande dit toelaat.