In ʼn onderhoud met Maroela Media verduidelik dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, hoe die Solidariteit Beweging oor byna drie dekades gegroei het van ʼn vakbond in krisis tot ʼn netwerk van selfstandige gemeenskapsinstellings. Volgens Hermann lê die Beweging se sukses nie in sameswerings nie, maar in harde werk, gemeenskapsfederalisme en ʼn visie om ʼn vrye, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika te bou.