Lt.genl. Puleng Dimpane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het ook kapt. Johan “Pottie” Potgieter geloof vir sy dapperheid en onbaatsugtigheid. Hy is van ʼn SANParke-helikopter in die rivier vol krokodille afgesak en het ʼn tou in uiters gevaarlike omstandighede om die krokodil, wat toe reeds verdoof is, vasgemaak. Dit het die polisie en ander kenners in staat gestel om die oorskot van die vermoedelik vermiste persoon op te spoor.