DA se no. 2: ‘Vergeet politiek; ek doen dit vir die mense’
Ashor Sarupen is op die ouderdom van 37 die nuwe voorsitter van die DA se federale raad. Dit maak van hom die man met die tweede magtigste posisie in die DA. Hy dien ook as adjunkminister van finansies. Maar hy doen dit nie vir homself nie, het hy vandeesweek aan Maroela Media verduidelik.
“Dis die veerkragtigheid van die mense van Suid-Afrika wat ons eintlik hoop gee. Vergeet die politiek, dis die mense. Dít is hoekom ek elke dag wakker word en dit doen.”
#MaroelaMedia #DA #AshorSarupen