iCaur gaan soos soetkoek verkoop

iCaur is deel van die Chery-groep en het vir Maroela Media genooi vir ’n vinnige voorskou van sy toekomstige V23 en 03T. Om te sê ons is uit die veld geslaan, is om dit ligtelik te stel. Ons reken dié gaan die maklikste produkbekendstelling van ’n Chinese handelsmerk nog in Suid-Afrika wees en dat albei soos soetkoek gaan verkoop.