
Talle sosialemediagebruikers meen die minister van korrektiewe dienste is die regte man om pres. Cyril Ramaphosa as president op te volg. Vriendelik. Ferm. En besig om DKD behoorlik reg te ruk, sê sy aanhangers. So waarom kan hy dit nie sommer met die hele land doen nie, meen hulle.

