
Tussen die lirieke van “Byeboerwa”, “Lyfie” en “Voshaarnooi”, stomstreke om Afrikaanse spreekwoorde en idiome uit te beeld en ʼn gekopkrappery oor wat die kletsrymer Jack Parrow se regte naam is, kan oud en jonk opnuut die taalvreugdes en geskiedenisskatte van Afrikaans ervaar met die Afrikaans 100-bordspeletjie.

