
In ʼn gees van groot afwagting, geweldige dankbaarheid en erkenning van “heelwat wonderwerke” wat die afgelope ses jaar in plek geval het, is die eerste grond van die onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia se nuwe kampus Vrydag tydens ʼn sopnat, maar spoggerige seremonie amptelik omgespit.

