Hoerikwaggo Indaba: Selfdoen, saamwerk in Afrikaans

Die doel van Kaapse Forum se jaarlikse Hoerikwaggo Indaba is, volgens Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum, om ʼn geleentheid vir samewerking en saamgesels te skep sodat verskillende groepe in die Afrikaanse gemeenskap mekaar in die oë kan kyk en saam oplossings vir probleme kan vind.