Groepsgeding ná voorbehoedmiddel misluk

Gebruikers wat geraak is deur die omruil fout van ʼn bekende voorbehoedpil sal binnekort hul dag in die hof hê.
ʼn Regsfirma van Kaapstad wil ʼn groepsgeding instel teen die farmaseutiese maatskappy Bayer nadat ʼn besending van die Yaz Plus-voorbehoedmiddel nie behoorlik verpak is nie.
LHL Prokureurs het die week bekend gemaak hulle verteenwoordig verskeie vroue wat beweer hulle het onbepland swanger geraak nadat hulle voorbehoedmiddels uit dié foutiewe besending gebruik het.
Minstens 75 000 pakkies uit die besendingnommer WEW96J, is sedert November 2023 in Suid-Afrika versprei. Dié pakkies het in stede van 24 hormoonpille en 4 suikerpille bestaan uit net 4 hormoonpille en 24 suikerpille gehad.
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) sê sommige van dié tablette is nie behoorlik verpak nie en kan daarom nie doeltreffend gebruik word nie. Die herroeping is as ʼn klas 2 tipe A-herroeping geklassifiseer wat