Vuurwapenklag | Malema is skuldig

Julius Malema is in die Oos-Londense landdroshof op vyf aanklagte skuldig bevind, onder meer vir die afvuur en onwettige besit van ’n vuurwapen ná ’n EFF-byeenkoms in 2018. Sy voormalige lyfwag, Adriaan Snyman, is vrygespreek.AfriForum, wat die klagte aanhangig gemaak het, sê die uitspraak is ’n deurbraak in die stryd om gelykheid voor die reg te verseker. Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid verwelkom die uitspraak (SOUND BITE JB)Die saak is tot Januarie uitgestel vir voorvonnisverslae.