
Jesse Kriel voer Saterdag die Springbokspan teen die All Blacks op Eden Park in Auckland aan. Dié buitesenter het die Bokke in die tweede toets teen Australië in Kaapstad ook op die veld gelei. Siya Kolisi was nie beskikbaar nie nadat hy Augustus in Johannesburg, in die Bokke se eerste van twee toetse teen die Wallabies, ʼn kniebesering opgedoen het.
Kolisi is wél in die aanvangspan teen die Kiwi’s ingesluit en hoewel Kriel die span aanvoer, sê Kriel in die binnekring is “Kolisi hul kaptein en ware leier”.

