Dís hoe Rassie wedstryd benader

Rassie Erasmus, Bokafrigter, pas al jare lank dieselfde reël toe: As ʼn speler nie op die Maandag voor ʼn wedstryd saam met die span oefen nie – soos in die geval van Faf de Klerk – word hy nie vir insluiting oorweeg nie.

Die beginspan wat Saterdag op Auckland teen die All Blacks uitdraf is Donderdag bekend gemaak. Daar is aanvanklik asem opgehou oor Siya Kolisi se beskikbaarheid, maar die agtsteman het volstoom saam met die span geoefen.

Erasmus gee terugvoer oor die plan vir Saterdag.