
Boere-erfenis is ‘nalatenskap van orde, opofferings, toekomsgerigtheid’
“Erfenis is ʼn belangrike tema en dit is iets wat ʼn mens instinktief wil bewaar. Maar ons leef in ʼn wêreld waar die woord ‘privilege’ al hoe meer in ʼn negatiewe lig gebruik word. Dit is asof bevoorregting by definisie verkeerd is en jy daarvoor gestraf moet word – en vir baie mense is die Afrikaner bevoorreg.”

