
Solidariteit sê hy verwag daadwerklike en spoedige optrede van die Menseregtekommissie (MRK) ná die onlangse “rasse-aanvalle” by die Gold One-goudmyn buite Springs. Pieter Jordaan, woordvoerder van Solidariteit, sê gegewe die omstandighede, diskriminerende opmerkings, doodsdreigemente, vernedering en gewelddadige aanvalle, moet die MRK ʼn omvattende ondersoek na onderskeidelik die optrede van Amcu en sy meelopers én die optrede van Gold One se bestuur van stapel stuur.

