Kliniek op wiele pak borskanker

Een mammogram of borssonar elke jaar kan ’n vrou se lewe red óf verleng deur kwaadaardige gewasse vroegtydig op te spoor. Om hierdie rede reis Keystone Medical se “Screen Her, Save Her”- mobiele borskankerkliniek die land plat om vroue aan te moedig om dié toetse te laat doen, of jy nou 18 of 78 jaar oud is.