Taylor Swift is meer as net ’n sanger – sy is ’n wêreldwye fenomeen. In hierdie episode van Kultuurkliek gesels ons oor haar splinternuwe album en die impak wat sy op musiek, kultuur en selfs die ekonomie het. Of jy ‘n Swiftie is of nie, Taylor se invloed kan eenvoudig nie geïgnoreer word nie.
Sluit aan vir ’n gesprek vol popkultuur-insigte, Swiftie-feite en ons eie Afrikaanse blik op een van die grootste name in die wêreld.
Luister nou en sê vir ons: Is jy ‘n Swiftie of nie?
#Kultuurkliek #TaylorSwift #popkultuur #MaroelaMedia