By Nir Oz-kibboets in Israel verrys hoop uit puin

Opruimingswerk het begin om die ruïnes van huise in Nir Oz, waar boeke, teddiebere en breekgoed tussen die rommel sigbaar is, te sloop en te verwyder. In een gebied word nuwe huise reeds gebou. Lita Liftshitz, een van die inwoners van die kibboets, sê sy sal sonder huiwering terugkeer wanneer die bouwerk afgehandel is. Dis haar huis hierdie en ʼn plek waar die volgende generasie kinders grootgemaak moet word om te leer dat die lewe ook mooi en goed is, en dat daar altyd hoop is vir ʼn toekoms.